Synopsis

In Stroomop ontmoet ons vyf unike vroue wat almal besig is om in hulle eie realiteite te verdrink. In ’n desperate poging om genesing te vind bevind die vroue hulleself op die Oranjerivier op voorgeskrewe avontuurterapie deur ’n selfhelpgroep.

Wat is die ergste wat kan gebeur?

Tydens die avontuur lei wrywing tussen die vroue, wat elkeen met hul eie verskuilde en selfsugtige redes op die reis gekom het, tot ‘n ongeluk. In ‘n spanningsvolle oomblik word die gids en die vroue van die roeiboot afgegooi en rondgemaal in die stroom. Die gids spoel weg en die vroue word aan hulself oorgelaat om te oorleef in die genadelose wildernis …

Sal hulle heel aan die anderkant uitkom?

Stroomop vertel ’n verhaal van lewe en dood, vriendskap, selfontdekking, vergifnis en genesing.

Gallery & Trailer

1 videos 5 photos